Wanneer Yolanda vir Marius Van der Sandt, die skrywer, ontmoet is dit liefde met die eerste oogopslag. Alle verloop reg en die verhouding groei vinnig. Yolanda weet gou genoeg dat hy die man is wat sy wil hê.
Wanneer sy hom egter weens 'n misverstand verstoot, is hy weg en kan sy die wiel nie terug draai nie. Hoe lank moet sy wag? Sal hy haar vergewe? Sy het hom veroordeel en hom nooit 'n kans gegee om homself te verdedig nie. Is hy vir haar verlore?
Wanneer sy die nuus kry dat hy terugkom is sy uit haar nate, maar die noodlot probeer weer keer .....
Hierdie boek is die interaktiewe weergawe, waar u met 'n skakel kan kies of u die boek met of sonder seks wil lees.